"...bring ons dan voor God ons Vader in herinnering die werk van julle geloof, die inspanning van julle liefde en die volharding van julle hoop op ons Here Jesus Christus" - 1 Thes 1:3
Kommentaar deur J van der Bank op 2009/02/09 14:25
Met die eerste Sondag van sondagskool het ek gaan loer wat die kinders doen. EK moet sê dat die Hill songs vir my maar half raserig is met die musiek wat hulle gebruik en ek moet maar seker net gewoont raak aan dit. Met die res kan ek sê is ek teverde en die kinders het ook die eerste uitstappie geniet en wou dadelik weet wanneer hulle weer iewers heen gaan. Sterkte met julle verandering en ek weet die kinders sal hul samewerking gee.
My siel, Pa Hoeveel ekstra vakke Pa?
Dux-leerling? Is dit wat Pa vra?
Die prestasies, Pa, al is dit top, galgtou oor my kop.
En my siel, Pa ... Kan ek 'n klein-klein stukkie terug vra?
Pa, hoeveel eerstes by die wenpaal, rekords moet ek nog behaal?...