Kerssangdiens met
die Christelike Seemansorganisasie,
Rina Hugo en Jammies Jamneck.
Die kergebou was stampvol vir hierdie spesiale diens. Eleanor Weideman van die CSO het ter inleiding gesels oor die stigting en doelwitte van die CSO asook die omstandighede waaronder seemanne werk en bestaan op skepe dwarsoor die wêreld. Sy het ‘n paar staaltjies vertel oor die belewenisse wat hulle al gehad het met seemanne wat deur hulle van God en Sy Woord gehoor het en ook verduidelik hoe belangrik dit vir mense is om ‘n Bybel in hulle eie taal te besit. Iets wat baie van ons as vanselfsprekend aanvaar. Die CSO as organisasie het ‘n unieke geleentheid om die Evangelie na die uithoeke van die wêreld te versprei en God se Liefde op ‘n sigbare manier na mense uit te dra wat onder moeilike omstandighede leef en werk.
Daarna het die Kerssang program begin met die Votum en Seëngroet. Dit was ‘n afwisseling van sang deur Rina, gedigte voorgelees deur Jammies, gemeente sang en voorgelese skrifgedeeltes en het geindig met ‘n besonderse Seëngroet.
Liedere
“Lord Make us instruments of Your Peace”
“Glorious Impossible”
“O rus in Jesus”
“Halleluja”
“Met Middernag”
“Hierdie Kind”
“Die Nuwe Jerusalem”
“Die Onse Vader”
Gedigte
“Welkom Prins van die Heelal”
“Kersaand”
“Sy Seëngroet”
“Josef en die Engel”
“Bethlehem”
“Herodus”
“Nuwejaarswens”
“Gebed”
Gemeente sang
“Somerkersfees”
“Stille Nag”
“O Heer my God”
Na die Kerssang program het almal in die saal bymekaar gekom om te kuier.
Die CSO doen belangrike werk, maar kan dit nie sonder die ondersteuning van die publiek en kerke doen nie. Hierdie aanhaling uit ‘n onlangse nuusbrief stel dit die beste:
“Daarom vra ons u met respek en agting, bid vir ons. Bid baie. Ons bid ook vir u. En weereens, die rede vir ons bestaan: Bybels. Daarmee teken ons en u ‘n glimlag op die aardbol se gesig, iets waarna jy weer sal kyk as jy gekyk het!”
|
Christelike Seemansorganisasie
Privaatsak X09
Milnerton
7435
Suid Afrika
|
Tel 021 551 2694
Tolvry 080 0202 522
|
|