Die jaar se Basaar was die eerste keer in baie jare wat ons op die Gemeente alleen staatgemaak het. Dit was 'n lieflike dag en almal het dit geniet. Stormer en Bloubul ondersteuners het met mekaar geskerts oor wie die wedstryd later die middag sou wen, die pap en kaiings het te gou uitverkoop, en die kinders het die springkastele behoorlik gaar gespring.
Dankie aan almal wat gehelp het om van die dag 'n sukses te maak, dankie ook aan almal wat saamgekuier het.