Ons nooi u vriendelik uit om deel te neem aan ons jaarlikse Golfdag wat gehou word op Donderdag 9 September 2010, by die ERPM GOLFBAAN as fondsinsameling vir ons gemeente. Fondse wat so ingesamel word, tesame met ander projekte, word geoormerk om ons gemeente in staat te stel om ’n bydrae te maak in omliggende gebiede waar daar groot nood is vir bystand. Ons wil graag hulp verleen in die vorm van berading en materiële hulp. Met u samewerking kan ons ’n verskil maak!
Deelname kan op die volgende maniere geskied:
- Deur ‘n 4-bal spelers in te skryf teen ’n koste van R250-00 per speler, ete ingesluit.
- Deur ’n afslaan bof te borg van jou keuse, waar geleentheid gegee word om advertensie materiaal langs die bof uit te stal om jou besigheid te promifeer teen ’n koste van R1000-00 per bof.
- Soortgelyk kan dieselfde borgskap gedoen word by enige setperk van jou keuse ook teen R1000-00 per setperk.
- Deur toepaslike items te skenk wat gebruik kan word as pryse vir die deelnemende spelers. Dit sal wardeer word indien pryse in soortgelyke pare verskaf kan word, aangesien twee spelers saam speel in die kompetisie – sogenaamde BETERBAL FORMAAT.
- Deur ’n donasie te maak as bydrae.
U deelname sal hoog op prys gestel word en ons sien uit na ’n genotvolle dag in u geselskap. Ons sal dit baie waardeer indien bevestiging van deelname, tesame met spelers se name, borgfooie, speler fooie, pryse en donasies so spoedig moontlik aan ons verskaf kan word.
Vorms met bankbesonderhede is by die kantoor beskikbaar.
Afslaantye kan bevestig word by Dries Kolwer 082 906 0901