15 - 17 Januarie 2010 is daar heerlik gekamp by Badplaas.
Ons het reeds Vrydag middag vertrek en het laat Vrydag aand daar aangekom (maar nie te laat om nie eers te gaan kyk of daar nog 'n swembad is nie)
Saterdag oggend het ons eers veld toe gegaan vir bewuswording, waar die kleiner kinders 'n gunsteling Bybelvers moes kies om oor te gesels en die ouer tieners 'n persoon uit die Bybel moes kies met wie hulle identifiseer.
Daar was baie swemtyd en ook tyd om net te speel of kuier. Later die oggend het die kinders prentjies gebou met wat hulle in die natuur kon vind om uit te beeld hoe ons God se woord kan uitdra na ander toe. Die tieners het oor verhoudings gesels.
Sondag oggend het ons weer bewuswording gehad waarna ons saammet die Badplaas NG Gemeente Erediens gehou het. Ons het die naweek afgesluit met 'n samevatting en nog 'n bietjie swemtyd en daarna het ons die kampterrein opgeruim en ons tasse gepak om huistoe te gaan.
Baie Baie dankie aan almal wat die Kamp moontlik gemaak het.