Geloof Hoop en Liefde
"...bring ons dan voor God ons Vader in herinnering die werk van julle geloof, die inspanning van julle liefde en die volharding van julle hoop op ons Here Jesus Christus" - 1 Thes 1:3
Teken-in naam - *(Jou epos adres)   Wagwoord:   
My siel, Pa
Hoeveel ekstra vakke Pa?
Dux-leerling? Is dit wat Pa vra?
Die prestasies, Pa, al is dit top,
galgtou oor my kop.
En my siel, Pa ...
Kan ek 'n klein-klein stukkie terug vra?
Pa, hoeveel eerstes by die wenpaal,
rekords moet ek nog behaal?
Hoeveel keer op die rostum, Pa,
met 'n Achilleshiel wat pla?
Maar my siel, Pa ...
kan ek 'n klein-klein stukkie terug vra?
Pa, S.A.-skolespan speel ek al twee jaar,
Pa se Cravenweek is geëwenaar.
Hoe hoog moet die turksvy-kind in die lynstaan spring
om Pa eer te bring?
Maar my siel, Pa ...
kan ek 'n klein-klein stukkie terug vra?
Pa, is Pa ooit tevrede met die ewebeeld,
wat oor my vou soos 'n donker kleed?
Pa is mos my proto,
ek maar Pa se foto!
Maar my siel, Pa ...
kan ek 'n klein-klein stukkie terug vra?

Marie van Rensburg

Benodig U...
Kompetisies
Lees meer...
Fondsinsameling
Hervormde Kerk Park Rand se Funksies.
Lees meer...
Bejaardesorg
Diensgroep vir senior lidmate se missie is om al die senior lidmate in ons gemeente by te staan en tot diens te wees.
Lees meer...
 
 
Kerk Kalender | NHSV | Gemeente Blog | Preke | Kerkraad | Jeug | Pers Uitgawe | Hulpbron Biblioteek | Kontak Ons
Geborg deur Think-IT
 
 
|