.jpg)
Die diensgroep se missie is om al die senior lidmate in ons gemeente by te staan en tot diens te wees waar hulle ons nodig mag hê. Daar word ook besoek tuis afgelê by senior lidmate.
Dienswerk sluit ons lidmate by Cosmos Ouetehuis in. Ons reik ook uit met Paas- en Kersfeestye deur bederfpakkies vir ons lidmate by Cosmos af te lewer. Daar word ook verjaarsdaggeskenke aan hierdie lidmate gegee.
Aan die einde van November word senior lidmate uitgenooi na die afsluitings-kersete.
'n Donasie vir die bediening en verskafing van verversings by begrafnisse, asook vrywillige donasies, word gebruik om al ons projekte te finansier. Ons hartlike dank aan u vir die fondse.
Sien die Kerk Kalender vir Kuierhoekie inligting!